TOUWS NEWS

Die Impaak van Studielenings en Beurse, Asook Wat Dit Behels
by MARLON JOHNSON

Finansiele ondersteuning van tersiere opleidings is gewoonlik ‘n nagmerrie vir ouers en kinders wanneer dit kom by die beplanning van studies. Jaarliks sit ouers

en matrikulante met hulle hande in hulle hare. Om studies aan ‘n tersiere instelling te voltooi is duur. Gelukkig is daar instansies wat deur middel van studielenings en

beurse bereid is om ouers te help.

 

Baie sake-ondernemings en organisasies bied beurse in sekere studierigtings aan, met die voorwaarde dat die student elke jaar ’n sekere akademiese prestasie moet

behaal. Ander opsies sluit in studielenings.

 

Terugbetaling begin gewoonlik eers wanneer jy jou studies afgehandel het, wat beteken dat jy self die geld sal kan terugbetaal nadat jy gekwalifiseer en hopelik ‘n werk van jou eie kon vind. As jy ‘n goeie student

is, is die kans groot dat jy vir jou harde werk beloon sal word deur vir ‘n beurs by ‘n opleidingsentrum of akademiese instelling te kwalifiseer.

 

Matrikulante kan ook borge kry in die vorm van beurse. Beurse kan ook ter bied wees op die grond van sport persentasie, wat beteken as leerder goed is in die sport kan hulle beurse ontvang om verder te studeer.

 

Leerders kan ook aansoek doen om beurse by Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS). Dis ’n lening-en-beursskema wat deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding befonds word vir studente

wat nie geld het om vir hul studies te betaal nie en/of wat nie toegang tot banklenings, studielenings
of -beurse kan bekom nie. NSFAS dek alle onkostes insluitend verblyf, boeke en sakgeld.

 

Dis belangrik dat ouers belangstelling toon. Ouers moet ook hul kinders aanmoedig om te studeer en wys dat daar niks in hulle pad staan nie.

 

Back to Touw News Page

JOIN US ON SOCIAL MEDIA

© 2017 Touwsrivier Socio-Economic and Enterprise Development (SE.ED)