TOUWS NEWS

Ons Ervaring in Johannesburg
by CHARLTON SMITH & SHANE SOLOMONS

Ons name is Charlton Smith en Shane Solomons. Ons is tans deel van die Werks Ondervinding Program wat geontwerp en geimplementeer is deur Knowledge Pele.

Ons is aangestel by ‘n maatskappy met die naam, LH Marthinusen wat gebaseer is in Denver, Johannesburg. Ons tuiste is in Braamfontein, Johannesburg.

 

Die maatskappy waar ons werk spesiliaseer ondermeer in transformators en motors. Ons ontvang tans opleiding as junior tegnikuste. Die opleiding behels ondermeer hoe

om transformators te diens. Omdat ons met transformators werk beteken dit dat ons meer meganiese werk doen as elektries. Ons werk ook op substasies, myne en munisipale kragstasies.

 

Ons werk baie in die veld. Dit laat ons toe om regoor die land te reis na verskillende plekke soos Port Elizabeth, Qwa Qwa envele meer. Ons is tans in Port Elizabeth.

Dit reen daagliks en dit veroorsaak dat ons nie elke dag kan werk nie.

 

Die werk wat ons doen vereis baie fisiese arbeid. Dis wel moeilik, maar laat ons toe om plekke te sien wat ons nog nooit gesien het nie. Sommige dae werk ons van son

opkoms tot son ondergang en daar is dae waar jy nie eens ‘n moersleutel(spanner) wil gewaar nie.

 

Naweke bevind ons onsself weer terug in Johannesburg. Die stad wat nooit slaap nie. Dit het vir ons ‘n rukkie geneem om gewoond te raak aan al die ligte en mooi

groot geboue wat dit moeilik maak om net op een ding te fokus. Hoe dit ook al sy, ons tyd hier in Johannesburg, en by LH Marthinusen, was een van die ongelooflikste ervaring in ons lewe, een wat ons nooit sal vergeet en altyd sal onthou.

 

Back to Touw News Page

JOIN US ON SOCIAL MEDIA

© 2017 Touwsrivier Socio-Economic and Enterprise Development (SE.ED)